Pruise

Hierdie artikel handel oor die geografiese gewes. Vir die oorspronklike Baltiese Pruise, 'n historiese etniese groep, sien gerus Pruise (volk).
Preußen
Hertogdom Pruise (1525–1701)
Koninkryk Pruise (1701–1918)
Vrystaat Pruise (1918–1947)
1525 – 1947
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Suum cuique
Jedem das Seine
Ligging of Pruise
Ligging of Pruise
Die Koninkryk Pruise tussen 1871 en 1918
Hoofstad Koningsberg, later Berlyn
Taal/Tale Duits
Godsdiens Protestantisme, Rooms-Katolieke Kerk
[[Regering|]] Nie gespesifiseer nie
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Stigting van die Hertogdom Pruise 10 April 1525
 - Afskaffing van Pruise 25 Februarie 1947
Oppervlakte
 - 1939 297 007 km2
114 675 sq mi
Bevolking
 - 1939 skatting 41 915 040 
     Digtheid 141,1 /km² 
365,5 /sq mi
Die Koninkryk Pruise ná die Kongres van Wene (donkerblou)
Die Vrystaat Pruise ná die Eerste Wêreldoorlog (donkerblou)

Pruise (Duits: Preußen; Ou-Pruisies: Prūsa; Pools: Prusy; Litaus: Prūsija; Latyn: Prussia, Borussia of Prutenia) was oorspronklik 'n land wat grootliks ooreengekom het met die latere Oos- en Wes-Pruise. Hierdie geskiedkundige streek is vernoem na die Pruise, 'n inheemse Baltiese volk wat tussen die Weichsel- en Memelriviere (die latere Wes- en Oos-Pruise) gevestig was. In 1225 het die gebied die hartland van die Duitse Ordensstaat geword en is in 1466 in twee dele opgesplits is: Die Koninklike Pruise, wat aan die Poolse Kroon ondergeskik was, en die Hertogdom Pruise, wat in 1525 as gevolg van die oorgeblewe Ordensstaat se sekularisasie ontstaan het en in 1618 in 'n personele unie met die Keurvorstedom Brandenburg verenig is.

Toe keurvors Frederik III van Brandenburg as Pruisiese koning (Frederik I) gekroon is, het die oorspronklike landsnaam 'n heeltemal nuwe betekenis gekry. Die Mark Brandenburg, wat in 1157 gestig is, is sedert 1415 deur die Huis Hohenzollern geregeer. Toe Frederik tot koning verhef is, was naas die Keurvorstedom Brandenburg ook Agter-Pommere (Hinterpommern), Maagdenburg, Minden-Ravensberg, die Graafskap Mark en die Hertogdom Kleve in Brandenburgse besit.

In 1701 het die Brandenburgse Hohenzollern-dinastie die koninklike titel vir die Hertogdom Pruise ontvang, en vervolgens is in 'n toenemende mate na die hele Brandenburgse staat as Pruise verwys. Die Koninkryk Pruise het tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel, die Keiserryk Oostenryk uit sy leidende posisie binne die gemeenskap van Duitse state verdring en in 1871 die Duitse Keiserryk gestig, waarin dit as oorheersende deelstaat gefungeer het.

Ná die omverwerping van die monargie in die Novemberrewolusie van 1918 het Pruise 'n vrystaat met 'n republikeinse grondwet geword wat in 1932 tydens die sogenaamde Preußenschlag deur die Duitse Ryksregering van sy politieke mag en invloed ontneem is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Geallieerde Kontroleraad, waarin die vier besettingsmagte VSA, die Verenigde Koninkryk, Frankryk en die Sowjetunie verteenwordig was, in 1947 die ontbinding van Pruise besluit.

Die oorspronklike Pruisiese grondgebied (soos in 1871) maak tans naas Duitsland deel uit van ses ander state wat van België in die weste tot by die Russiese Federasie in die ooste strek. In die laaste jaar voor die Tweede Wêreldoorlog, 1939, het Pruise 'n oppervlakte van 294 160 vierkante kilometer met 'n bevolking van 41,8 miljoen beslaan. Dit was in administratiewe opsig onderverdeel in die provinsies Brandenburg, Grensmark Posen-Wes-Pruise, Hannover, Hessen-Nassau, Hoehenzollerse Lande, Oos-Pruise, Pommere, Rynprovinsie, Sakse, Silesië, Sleeswyk-Holstein en Wesfale. Die hoofstad Berlyn het 'n afsonderlike distrik gevorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search